Die afgelope week het Facebook so stil-stil met van hul funksies gevroetel.

Wees dus gewaarsku: Dis beslis nou tyd om weer na jou profiel te gaan loer. Die nuwe funksie het betrekking op jou werk- en kwalifikasiegeskiedenis, maar dalk, net dalk, wil jy nie hê al wat leef en beef in jou Facebook-vriendekring moet dit weet nie.

Lees ook: Weet jy dat Facebook ’n versteekte boodskapfunksie het?

Facebook het gebruikers verseker geen privaat inligting sal openbaar gemaak word nie, maar vorige inligting wat jy lekker diep weggesteek het, kan skielik na vore kom en jou nou in die verleentheid stel.

Voortaan gaan jou werk- en kwalifikasiegeskiedenis onder “Intro” verskyn. Dis die heel eerste afdeling wat iemand sien wanneer hulle jou Facebook-blad besoek.

Lees ook: Dit is hoe jy alles wat jy nog ooit op Facebook gedeel het, kan sien

Die woordvoerder van die sosialemedia-platform het gesê nie een van die twee velde se privaatheidsfunksie het verander nie. “Al wat nou gebeur, is dat hierdie inligting bloot in die reeds openbare velde in Intro te sien sal wees.”

Dit wil sê enigiets wat nie vantevore by die werk- en opvoedingsveld ingevul is nie, sal nie nou hier verskyn nie. Die probleem is egter al die inligting gaan nou onder jou profielfoto wys, selfs daardie inligting wat jy ver op die agtergrond wou verskans. Gelukkig kan jy die situasie regstel met ’n klein bietjie redigering.

Op ’n rekenaar:

  • Gaan na jou Facebook-blad.
  • Klik op die klein potlood langs een van die reëls op “Intro”.
  • Deaktiveer alles wat jy nie daar wil laat wys nie.

facebook copy

Op ’n mobiele platform:

  • Navigeer na jou profiel op Facebook.
  • Raak aan die reël wat sê “Edit Info”.
  • Deaktiveer alles wat jy nie in jou Intro wil laat verskyn nie.

Bronne: huffingtonpost.com, newsthrive.com, jittery.com