Morné sal egter ’n rukkie moet wag voor hy die rooi bal in dié spesiale toets kan boul, want die Proteas het die loot gewen en besluit om te eerste te kolf.

Morné het sy toetsdebuut in 2006 teen Indië gemaak en het homself sedertdien gevestig as een van die beste snelboulers in wêreldkrieket. In sy 49 wedstryde tot dusver het die lenige speler al 175 paaltjies laat kantel.

Die Proteas se toetskaptein, Graeme Smith, het hom gister op Twitter gelukgewens. Graeme het getwiet: “Geluk, @mornemorkel65, met jou 50ste toets wat môre begin. So trots op jou, Tier. Sal al die pad saam met jou wees daar buite. #proteafire

Boonop het Morné verlede week sy 29ste verjaardag gevier.

[caption id="attachment_55616" align="aligncenter" width="611"]Foto: Twitter (via @mornemorkel65) Foto: Twitter (via @mornemorkel65)[/caption]

Instagram-foto’s aangeheg: koekfoto: via @mornemorkel65, foto saam met AB: via @abdevilliers17

  • Die toetswedstryd word daagliks vanaf 08:00 op SuperSport 2 uitgesaai (DStv-kanaal 202)

Deur Suzaan Hauman