Candace Coetzee en Chloé (5)

Die rede? Haar ongebore kind het spinabifida gehad, ’n siekte waar die ruggraat nie behoorlik toegroei nie en wat liggaamlike en breinskade veroorsaak.

Maar Candace, ’n enkelma van Krugers­dorp aan die Wes-Rand, het onmiddellik ge­weet ’n aborsie is buite die kwessie.

“Chloé is van haar heupies af ondertoe ver­lam en kom met ’n rolstoel oor die weg, maar sy is my engelkind,” sê die trotse ma.

Haar dogter het ook ’n waterhofie en haar verstandelike vermoëns is dié van ’n tweejarige, maar sy is glad nie selfbewus nie, ver­tel Candace.

“Sy is versot op Afrikaanse musiek en is Gerhard Steyn se grootste aanhanger.”

Tog besef Chloé (5) self sy is “anders” en maak dit haar gefrustreerd. “Sy verpes haar rolstoel en wil hê ek moet haar oral heen dra. Dit eis ’n fisieke tol van ’n enkelma,” erken Candace.

“Maar wanneer sy so onskuldig vir my glimlag, of ek sien hoe beskermend sy teenoor haar ‘oups’ is, maak dit alles die moeite werd,” vertel sy.

Haar raad aan die ouers van gestremde kinders is om, wanneer hulle oorweldig voel, ’n rukkie buite te gaan sit en dan die dag ver­der aan te durf.