“Die pediater het sowat ’n uur ná haar geboorte kom sê Tanya het Downsindroom, maar ek was dadelik lief vir haar.”

Tana se grootste uitdaging is om streng te wees. “Sy is so dierbaar en bedoel nie om stout te wees nie. En wanneer sy die slag sê: ‘Moeks, ek is so lief vir jou,’ is dit alles die moeite werd.”

Omdat Tana ’n onderwyseres is, het sy vooraf heelwat van Downsindroom geweet. Vir haar man, Heinrich, was hul nuwe om­standighede ’n groter uitdaging. “Sy was boonop ons eerste kind, en ’n mens het na­tuurlik allerlei drome vir jou eersgeborene.”

Maar Tana het die bul by die horings gepak en ’n skool vir kinders met gestremdhede be­gin. Tanya is een van die leerders.

“Mense moet nooit sê ‘spesiale ouers kry spesiale kinders’ of ‘so ’n kind word vir jou gegee omdat jy dit kan hanteer’ nie. Dit kan enigiemand oorkom. Die belangrikste is om nie jouself of jou kind af te sonder nie. Jy is nooit alleen nie; daar is altyd familie, vriende en ander ouers wat jou sal ondersteun.”