Jeanetta Jansen van Vuuren en Bianca (15)

Bianca en Jeanetta is albei met pterigium­sindroom gebore, wat onder meer webbe tussen die ledemate en verkorte spiere ver­oorsaak.

Bianca het ’n web wat aan die agterkant van haar bene afloop en stap bemoeilik. Boonop het haar een neusgat ook nie be­hoorlik gevorm nie; daarom het sy asemhalingsprobleme.

“Ek ken my kind se hartseer,” sê dié ma van Brakpan aan die Oos-Rand. “Sy is ’n tiener en wil ook die nuutste skoene dra en ’n kêrel hê, maar ek weet dit gaan nie maklik gebeur nie.”

Jeanetta se grootste bekommernis is wie na Bianca gaan omsien as sy iets oorkom.

En hoewel sy al menige aand haar oë uit­gehuil het oor die seer wat Bianca moet ver­duur, sê Jeanetta as jy vrede in jou hart het oor jou besluit om jou kind te hou of nie, is die stryd klaar gewonne.

“Die lewe vir gestremdes is moeilik, maar ek is glad nie spyt oor my keuse nie, selfs al kyk mense ons agterna – die gestremde ma en dogter.