Sy het haar seun baie lief, maar as sy weer kon kies, sou sy haar swangerskap beëindig het, sê Mariëtte du Preez* van Pretoria.

Anton* is liggaamlik en verstandelik gestrem en op 29 kan hy nie loop, praat of self eet nie. Hy dra ’n doek en is dag en nag van Mariëtte afhanklik.

“Terwyl ek swanger was, het ek Duitse masels opgedoen, wat baie gevaarlik is vir ’n ongebore baba. Die dokter het ’n abor¬sie aanbeveel, maar destyds moes ’n mens eers drie onafhanklike menings kry, en ek het my baba gehou.”

Drie dae ná Anton se geboorte het sy liggaamsfunksies ingegee en het hy breinskade opgedoen. Hy was tot op 18 jaar in ’n spesiale skool, maar deesdae sien Mariëtte en ’n heeltydse huiswerker na hom om.

Anton is ondeund en breek dikwels goed. Hy verstaan ook nie wanneer iets gevaarlik is nie; daarom moet hy heeltyd opgepas word.

“Wat gaan van Anton word wanneer ek en my man doodgaan?” vra Mariëtte. Al is hulle baie lief vir hom, plaas hy ook groot geldelike en emosionele druk op die gesin.

* Skuilname.

Hoe besluit ’n mens?

Aan die mediese kant behoort jou dokter jou na ’n span deskundiges te verwys wat jou in besonderhede sal inlig oor die toe¬stand waaraan jou kind ly en wat die in¬vloed daarvan gaan wees. Hulle sal ’n aan-beveling doen oor ’n aborsie of nie, maar die finale keuse bly altyd joune.

Om dit ’n moeilike keuse te noem is om dit sagkens te stel; jy moet ook mooi na¬dink oor al die eise wat aan jou kind en jul gesin gestel gaan word.

Jy sal moet aanvaar jy gaan die res van jou lewe met terugkerende rou en verhoog¬de stres saamleef, sê dr. Anthony Costan¬dius, ’n Kaapse sielkundige wat onder meer spesialiseer in bystand aan ouers met ge-stremde kinders.

“Jy gaan pal daaraan herinner word dat jou kind nie soos ander ontwikkel nie en dat jou ideale vir jou kind nie gaan waar word nie. En al die ekstra sorg-en geldelike eise gaan aanhoudende stres veroorsaak.”

Dit beteken nie ’n mens kan nie die uit¬dagings oorkom nie, sê Anthony. Die be¬langrikste is dat julle as ouers ’n sterk ver¬houding het. So nie, gaan jul verhouding moeilik oorleef.

Vra julle ook af wat die invloed van die gestremde boetie of sussie op jul ander kinders gaan wees.

Eindelik kan jy en jou gestremde kind ’n goeie lewensgehalte hê, mits julle die vol¬gende doen, sê Anthony:

1. Verwerk die verlies.

2. Sorg dat julle naby goeie, praktiese en emosionele steunnetwerke is.

3. Pak jul uitdagings een dag op ’n slag aan.

- Mieke Vlok