’n Regter het die 40-jarige Megan Huntsman Maandag die maksimum vonnis opgelê. Huntsman, van Pleasant Grove aan die buitewyke van Salt Lake City in die Amerikaanse deelstaat Utah, het aan die polisie gesê sy is té verslaaf aan tik om kinders te versorg. Sy het in Februarie skuldig gepleit aan ses aanklagte van moord. Owerhede sê dat Huntsman se vervreemde man, Darren West, die babas se pa is. Hy het  in April 2014 op die lyke afgekom terwyl hy die motorhuis skoongemaak het by die huis wat hulle voorheen gedeel het.

Polisie sê dat Megan oor 10 jaar die lewe aan die babas geskenk het – van 1996 tot 2006, en sy het elke kind onmiddellik ná geboorte verwurg of versmoor.

Polisie sê dat Megan oor 10 jaar die lewe aan die babas geskenk het – van 1996 tot 2006, en sy het elke kind onmiddellik ná geboorte verwurg of versmoor. ’n Sewende baba wat in die motorhuis gevind is, is doodgebore. Sy het hul lyke in lap toegedraai, in plastieksakke geplaas en in bokse gepak. Sy het die lykies agtergelaat toe sy by die huis uittrek.

Darren het die grusame vonds gemaak kort nadat hy ’n agt jaar vonnis in ’n federale tronk uitgedien het op tik-aanklagte. Hy het saam met Huntsman gebly tydens die dekade waarin die babas vermoor is, maar die polisie sê dat hulle hom nie van die moorde verdink nie. Darren het nog nie in die openbaar oor die saak gepraat nie.

Dit bly onduidelik hoe Huntsman die swangerskappe, geboortes, en moorde van familielede en vriende weggesteek het. Sy het ingestem om skuldig te pleit pleks van verhoor te word ingevolge die ooreenkoms wat haar kortste moontlike vonnis tot vyf jaar kan verminder, maar minder opsies vir appèl laat. Die vonnis sluit ’n saak af wat skokgolwe deur ’n stil, meestal Mormoonse gemeenskap gestuur het waar Megan die lyke meer as ’n dekade lank weggesteek het.

Bronne: BBC, The Independent, ABC4 New