Marionette maak ’n Britse ma doodbang. Sy raak histeries wanneer haar man, Alex, die temaliedjie van The Muppet Show sing.

’n Britse ma van twee het ’n doodse vrees vir speelpoppe.

Lindsay Broom van Swansea ly aan outomaatfobie. Dit maak dat sy dit nie kan verdra om aan The Muppet Show se karakters soos Kermit the Frog en Miss Piggy te dink nie. Sy is ’n totale wrak wanneer sy net die temaliedjie van die gewilde komiese TV-reeks hoor.

MailOnline haal haar so aan: “My man, Alex, hoef net die temaliedjie te neurie, en ek is ’n wrak. Wanneer ek hulle sien, verbeel ek my hoe die poppe se gesig vertrek en verwring, en ek moet dadelik wegkom van hulle af.”