Hy en Rudi van Breda – een van die slagoffers van die driedubbele bylmoord wat die land aan die gons het – was destyds saam op skool in Scotch College in Perth, Wes-Australië.

Byna drie maande het reeds verloop sedert dié opspraakwekkende moord op die Van Breda-gesin op die spoglandgoed De Zalze op Stellenbosch en niemand is nog vir dié bloedbad in hegtenis geneem nie.

Rudi, sy ma, Teresa (55), en pa, Martin (54), het in die aanval beswyk, terwyl sy jongste suster, Marli (16), ernstige kopbeserings opgedoen het en tans in ’n rehabilitasiesentrum aansterk.

Die middelste Van Breda-spruit, Henri (20), het glo net ligte beserings opgedoen.

Kyk hier na die video: