Hordes mense het die afgelope ruk fliekteaters toe gestroom om die sewende Fast and the Furious-film te gaan kyk.

Baie kykers het ook 'n traan weggepink oor die geliefde akteur Paul Walker wat in die fliek te sien is. Hy het in November 2013 verongeluk. Kyk hier na die hartroerende liedjie wat aan Paul opgedra is. Dit verskyn ook op die fliek se klankbaan. Die liedjie se sanger het sy dankbaarheid vir aanhangers van die fliek uitgespreek.