Die twee word sedert Junie verlede jaar romanties verbind en op 21 Januarie het James die groot vraag gevra. Die verloofring kan nie misgekyk word nie – dit het glo ’n diamant van 35 karaat.

 

In November verlede jaar het Mariah Steve Harvey vertel van hul eerste ontmoeting. Dit was tydens ’n fliekpremière in Aspen. “Ons het gesels en gelag en mense het kwaad geraak vir ons. So, ons het net gekliek.” Lees ook: Mariah Carey kom in 2016 na SA Hoe voel Mariah oor haar geliefde? “Hy is net ’n ongelooflike man. Hy is werklik ’n goeie mens, en dis baie moeilik om so iemand te vind.”

Iemand in die binnekring het gesê die band tussen hulle is sonder gelyke. “Dit is vir albei ’n wonderlike ervaring. As jy selfs net vyf minute saam met hulle kan deurbring, sal jy nie anders kan as om in ware liefde te glo nie.”

Lees ook: Mariah Carey ‘hoef niks te doen’ vir R4,2 miljoen

Mariah is in 2014 geskei van Nick Cannon (35), die pa van haar kinders en onder meer die aanbieder van America’s Got Talent. James is volgens Forbes die vierde rykste man in Australië. Hy is in 2013 geskei van sy tweede vrou, die model en sangeres Erica Baxter. Dit sal albei se derde huwelik wees.

Bronne: bbc.co.uk, eonline.com, tmz.com, cover.com