Joseph Amorese se pa het aan hom die gelukkige lotto-kaartjie gegee om hom beterskap toe te wens na ’n ingewandsbreuk-operasie. Toe Joseph die verskuilde prysgedeelte van die kaartjie oopgekrap het, kon hy sy oë nie glo nie. Dit het daar gestaan: ‘R83 miljoen Goue Kaartjie’.
'Dis ’n goeie ding dat ek gesit het toe ek dit sien, want ek was geskok.'

“Dis ’n goeie ding dat ek gesit het toe ek dit sien, want ek was geskok,” het Joseph gesê. “Ek kon – en kan – dit steeds nie glo nie.”

Hy het dadelik die foto vir sy pa gestuur wat saamgestem het dat dit ’n wen-kaartjie was. Net daarna het hy sy vrou, Jodi, ’n maatskaplike werker, gebel met die goeie nuus.

Hulle het nog nie besluit wat hulle met die geld gaan doen nie, maar beide die nuwe miljoenêr en sy vrou beplan om hul werke te hou.

Bronne: AP, Yahoo News