Wêreldwyd het meer as 1,2 miljoen mense Saterdag April (15), die kameelperd, se reis na moederskap regstreeks via die internet gevolg. Dit is April se vierde toevoeging tot haar familie en die kleinding is die resultaat van haar verhouding met die aantreklike 5-jarige Oliver. Dis die eerste keer dat hy pa word.

Oliver gaan nie juis ’n teenwoordige pa vir die kleinding wees nie omdat dit nie in die bulle se aard is om met die grootmaak van kinders te help nie.
April is ’n geliefde inwoner van die privaat-dieretuin Animal Adventure Park in Harpursville, sowat 209 km noordwes van New York. En hulle is ewe trots op die nuweling se aankoms.

Y'all, it finally happened, and I could not be more excited! ?? #april #aprilthegiraffe #demquadsdoe

A post shared by Gaslighted (@gaslightedaf) on

Die kleinding is natuurlik allesbehalwe klein teen ’n geraamde 68 kg en in alle waarskynlikheid omtrent 1,8 meter lank!

Congrats to April on her new baby!!! ???#aprilthegiraffe #aprilthegiraffebabywatch #giraffelove

A post shared by ????? (@thisprincesswearsscubs) on

Luidens gerigte was die kameelperd-“baba” reeds binne ’n uur gereed om daardie lang bene op die proef te stel. Die geslag is nog nie bekend gemaak nie omdat die park se werknemers vir eers ’n afstand handhaaf sodat April en haar nuweling mekaar behoorlik kan leer ken.

Daar is ook nog nie ’n naam vir die klein kameelperdjie nie. Lede van die publiek kan ’n naam help kies deur een vir $1 (R13,42) op die park se GoFundMe-blad te nomineer.

Dié fondse sal weer aan die bewaring van kameelperde in die natuur en kameelperdversorging by die park aangewend word.

Die regstreekse uitsending van die geboorte sal vir vyf dae op YouTube beskikbaar wees.

Hoekom word daar so ’n ophef van ’n kameelperd-baba gemaak? Wel, die elegante spesie het onlangs op die lys bedreigde spesies onder die hofie “Kwesbaar” hul verskyning gemaak. Die kameelperd-bevolking het die afgelope 30 jaar met sowat 40 persent gekrimp. Dit beteken dat kameelperde, nes olifante en renosters, in die toekoms kwalik meer as ’n herinnering vir die volgende geslag kan wees.

Twitter se reaksie