Cameron Shenk (26) word daarvan aangekla dat hy die pensioentrekker aangeval het nadat hy hom kaal uitgetrek het en deur ’n dak geval het.

Tydens die bisarre voorval by die Logan Internasionale Lughawe in Boston is die pensioentrekker beseer, maar sy beserings is blykbaar nie lewensbedreigend nie.

NBC News het berig polisie het hulle na die toneel gehaas en het Cameron weens verskeie klagte in hegtenis geneem.

Dit sluit in poging tot moord, lyfgeweld, aanranding en aanranding van ’n persoon ouer as 60.

Hy het ook na bewering ’n polisiebeampte aangerand.

Ná die voorval, wat gisteroggend om 11:58 plaasgevind het, is Cameron na die Massachusetts General Hospital geneem.

Bronne: Sapa, mirror.co.uk