Tiwi, ’n volstruiswyfie in die Folly Farm in Wallis, het verlede jaar al haar rugvere tydens ’n bakleiery met nog ’n volstruis verloor en bibber van toe af dag en nag.

Volgens die Daily Mail sê die dieretuinbestuurder, Tim Morphew, dat Tiwi se kaalkol haar weerloos teen die koue maak.

“Ons het al probeer om komberse oor haar te gooi, maar ek is seker sy sal dit baie waardeer as iemand vir haar ’n trui brei.”

Hy sê die dieretuin hoop ook dat die trui se natuurlike wol haar vere se groei sal aanmoedig.