Verwag jou gesin ’n oondbraaigereg, maar jy wil liewer uit die kombuis kom en ’n braai geniet? Hoekom nie saamspan en hierdie lekker braairesepte vir die oop vuur beproef nie? Jenny Morris, Checkers se Giggling Gourmet-sjef, wys hoe.

Klik hier om na die video te kyk.

Vye Turducken op die braai

Genoeg vir 4

Vye-en-botter-baksous

50 g sagte botter

30 ml (2 T) fyn vyekonfyt

15 ml (1 T) roosmarynnaalde, fyngekap

3 knoffelhuisies, gekap

Skil en sap van ’n lemoen

Die glaseersel

30 ml (2 T) gemmer, fyngekap

1 gedroogde rissie

Sap van twee lemoene

30 ml (2 T) sojasous

45 ml (3 T) fyn vyekonfyt

Turducken

+/- 2 kg Turducken

Sout en peper na smaak

Gemaalde komyn

Metode

1. Vye-en-botter baksous Plaas die botter in ’n bak, voeg die vyekonfyt, roosmaryn, knoffel, skil en lemoensap by en meng.

2. Die glaseersel Braai die gekapte gemmer en rissie in ’n bietjie olie. Voeg die lemoensap, sojasous en vyekonfyt by en kook tot dit ’n ligte stroop vorm.

3. Turducken Haal die Turducken uit die plastiekbedekking en plaas dit op ’n stuk foelie groot genoeg om die vleis in toe te draai.

4. Bedek dit met die vye-en-botter baksous. Geur met sout, peper en gemaalde komyn. Bedek die vleis met die foelie en sit dit op die braai teen ’n matige tot lae hitte.

5. Verwyder die foelie ná 80 minute, sit dit terug op die braai en borsel die glaseersel liggies daaroor.

6. Laat dit eweredig bruin braai en gebruik die oorblywende glaseersel as sous vir die gesnyde Turducken.

7. Garneer met vars vye (indien dit in seisoen is).

Appelkoos-gevulde varkpens op die braai

Genoeg vir  4

Appelkoossmeer

50 g Turkse appelkose

60 ml (4 T) (klein hand vol) vars koljander, gekap

2,5 ml (½ t) heel komyn, gerooster en gemaal

5 ml (1 t) vars gemmer, gekap

5 ml (1 t) knoffel, gekap

5 ml (1 t) roosmarynnaalde, gekap

Varkpens

+/- 1 kg varkpens

Houtvleispen wat ’n halfuur in water week is

Sout en paper na smaak

10 ml (2 t) gemaalde komyn

Olyfolie om te strooi

Metode

1.Appelkoossmeer Plaas die appelkose in ’n meng, meng tot dit ’n pasta vorm en voeg ’n paar lepels water by. Voeg die oorblywende       bestanddele by en meng goed.

2. Varkpens Sny ’n opening in die middel van die begin – begin 2 cm vanaf die linkerkant en sny tot daar 2 cm regs oorbly.

3. Maak die opening oop en smeer dit met die appelkoossmeer.

4. Maak dit toe deur die houtvleispen deur die vleis aan die oop kant te druk en druk dit weer vanaf die ander kant deur die vleis.

5. Geur die kante en onderkant van die vark met sout, peper en komyn; maak seker dat jy nie komyn of peper op die varkvel sit nie.

6. Bestrooi die varkvel met ’n paar teelepels olyfolie, geur met sout en vyf dit oor die vel.

7. Maak seker die braai se hitte is laag tot matig, plaas die kant met die varkvel eerste op die rooster en laat dit saggies gaar word. As dit te vinnig verbruin, moet jy dalk die hitte verminder.

8. Draai die pens elke kwartier en laat die kant met die varkvel langer op die rooster bly sodat dit bros kan raak. Die vleis behoort binne 75 tot 90 minute gaar te wees.

-Resepte deur Jenny Morris