Oor die volgende vyf jaar sal 1500 gelukkige studente die kans kry om die lekkerste onderwerp op aarde te bestudeer: Pizza.

Die Manchester Metropolitaanse Universiteit (MMU) in Engeland het onlangs aangekondig studente gaan die kans kry om ’n vakleerlingskap by die restaurantkettinggroep Pizza Hut te doen. Maar alles draai nie net om die perfekte bolaag-en-basis-verhouding nie.

“Ons gaan oor die volgende paar jaar hard werk om ons vakleerlinge en spanlede van die beste opleiding en ontwikkeling te voorsien sodat ons hulle toegerus is met lewenslange vaardighede, en nie net om in ’n restaurant te werk nie,” sê Kathryn Austin, direkteur van menslike hulpbronne en bemarking by Pizza Hut Restaurants.

“Ek sou meer besighede aanmoedig om maatskappye soos Pizza Hut Restaurants se voorbeeld te volg en hul vakleerlingprogramme uit te brei."

Lewenslange vaardighede in pizza-maak? Wanneer kon ons inskryf?

Bronne: dailymail.co.uk, cosmopolitan.com