IS DIT hoe ’n gelukkige mens lyk? Hy sit gemaklik agteroor hier in die tuin van die 1802 Restaurant op Stellenbosch.

In sy leerplakkies, swart T-hemp en ontwerpers-stoppelbaard lyk hy inderdaad soos ’n mens sonder ’n sorg in die wêreld.

Pierre van der Spuy meen hy weet iets van geluk – hy het immers lank genoeg self daarna gesoek. En op sy reis daarheen het hy soveel geleer dat hy pas ’n boek daaroor geskryf het: ’n Gelukkige Brein: Ons Pad na Ware Sukses.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 21 April 2011