Charlize Theron het na bewering nog 'n kind aangeneem. Die 39-jarige aktrise het in Maart 2012 'n seuntjie, Jackson, aangeneem. Daar word nou beweer dat sy 'n dogtertjie in haar huishouding verwelkom het, maar meer besonderhede is skraps.

Volgens TMZ is Charlize reeds die afgelope ses maande in verbinding met 'n aannemingsagentskap, en sy het nou 'n dogtertjie met die naam August aangeneem.

Die kleintjie is in Amerika gebore en sy het verlede maand deel geword van Charlize se gesin. Niemand weet egter in hierdie stadium hoe oud sy is nie omdat Oscarwenner-aktrise nog nie 'n amptelike verklaring daaroor uitgereik het nie.

Charlize bespreek nie haar persoonlike lewe in besonderhede nie maar in die verlede het sy genoem dat sy, selfs toe sy nog 'n klein dogtertjie was, reeds geweet dat dit iets is wat sy graag wou doen.

“My ma het 'n brief gevind wat ek geskryf het toe ek agt jaar oud was. Dit het gelui: ‘Sal Mamma my asseblief na 'n weeshuis toe neem sodat ek 'n baba kan gaan aanneem?’” het sy in 2012 gelag toe daar aan haar gevra is hoe lank sy al 'n baba wou aanneem. “So, ek dink dit is al geruime tyd!

“Ek het altyd geweet ek sal 'n kind aanneem – altyd,”

Die ster het in Mei geskimp dat sy nog 'n baba beplan toe sy verduidelik het dat sy nie daarvan hou om haarself op enige manier te beperk nie.

“Ek bedoel, ek is so oopkop oor enigiets in my lewe,” het sy gesê. “Ek het nooit iets gesê soos ‘O God, net een’ nie, ek was altyd soort van oop vir wat ook al soort van gebeur.”

© Cover Media