7de Laan se Vince en sy pragtige vrou Melanie is nog ‘n dogtertjie ryker.

Klein Emanuel het Donderdag 27 September deur middel van ‘n keisersnee by die Wilgeheuwel Hospitaal haar opwagting gemaak .

Dit gaan uitstekend met ma en dogter en hulle is reeds terug  by die huis.

Ousus Angelique (3) is in haar noppies met haar sussie. “Sy help al selfs vir Mel met goedjies aandra en vashou,” vertel Jacques trots.

Baie geluk, Jacques en Melanie. Mag sy vir julle net vreugde bring haar hele lewe lank.