Die gebou het onlangs sy deure vir die publiek geopen.

Die span by EarthCam, wat die video op YouTube gelaai het, vertel dat hulle honderd-duisende hoë-resolusie foto’s aaneengeheg het om die bouproses te wys.

In die video kan gesien word hoe die nuwe toring bo die res van New York City uitstyg. One World Trade Center het 104 verdiepings en is die vierde hoogste gebou ter wêreld. ’n Observasie-vlak is op die 100ste verdieping geleë.

Die foto’s is vanaf Oktober 2004 tot Mei 2015 geneem.

Bronne: YouTube; Wikipedia