Dit was egter ? klein opoffering om te maak vir die verwesenliking van ? kinderdroom en, bowenal, die liefde en toegeneentheid van een van die skepping se mees majestueuse diere – die cheetah.

“Ek het nooit gedink dat ek my werk sou opgee en my kinderdroom sou navolg nie – dit waarvoor ek geskape is. Maar op ? dag het ek sommer net die eerste stap gedoen.” Riana het ? tydelike permit en ? lening by die bank gekry en ? swak, agt week oue cheetah gekoop.

“Fiela. Omdat haar ma haar in haar hok weggegooi het.”

Met net haar instink en haar liefde vir diere het sy ? werk by ? Lodge aanvaar waar sy ondervinding kon opdoen. Maar sy moes ook mense laatnag op wildsritte neem en na die kroeg omsien. “Wanneer ek snags tuis gekom het, het die kat by die hek vir my gesit en wag.”

Sy het toe 10 hektaar grond net buite Bloemfontein gehuur en die Cheetah Experience begin. Hier kon sy saam met Fiela woon, en nie andersom nie. Fiela kon nog op haar bed slaap, maar kon ook vryelik tussen die huis en haar 1ha-grond rondbeweeg.

Riana kon nou ander verwerpte en beseerde luiperds, swartluiperds, cheetahs, wit leeus, wolwe, tierboskatte, rooikatte en meerkatte inneem. Elke groep woon in ? groot, gerieflike kamp waar die bedreigde diere aangemoedig word om te teël. Elke besoeker kan op sy beurt hierdie majestueuse diere (of klein, troeteldieragtige wesens) in ? natuurlike omgewing op ? afstand ervaar – iets wat andersins lewensgevaarlik sou wees.

Buiten die 2 permanente personeellede kom vrywilligers van oral oor die wêreld om die diere te ervaar en te versorg. Hulle word eers opgelei en moet ? toets skryf voor hulle toere kan begelei. Wat egter vir Riana die belangrikste is, is dat vrywilligers en besoekers ? diep liefde vir die skepping en sy volmaakte wesens moet aankweek.

“Mense dink dat hierdie diere vir altyd hier sal wees. Maar hulle sal nie. Ons moet elke aspek van die natuur bewaar en nie vernietig nie om ? gesonde ekostelsel te kan behou.”

Riana wil graag eendag haar eie groter stuk grond besit sodat dit ? hawe kan word vir nog beseerde diere.

“My hele lewe draai om hierdie diere – hulle welstand en gerief.”

Intussen is die rekenings vir kos en veeartse baie hoog. Gebiede waar hulp gegee kan word, is groot pale vir draadkampe, ? groot vrieskas vir kos, kos, aanneming en vrywilligers.

Dit is Riana se verhaal van hulp. Vir nog sulke verhale, besoek www.youcanhelp.co.za

As jy wil help:

Riana van Nieuwenhuizen

072 905 3457

epos: info@cheetahexperience.com

web: http://www.cheetahexperience.com