arno-1

Anro het Dinsdag hierdie foto van hom en Lizanie getwiet. 

“12 Desember 12uur ontmoet ons vir klein Milan- kan nie wag om hom te sien nie...” het Lizanie op haar Facebook geskryf.

Twee aande terug het Arno nog ’n foto van hom en Lizanie getwiet. “My en Lizanie se laaste ete alleen voor daai bulletjie sy verskyning maak!”

Hy het vroeër vir ons vertel dat hy baie opgewonde is vir Milan se koms. “Ek sien baie uit daarna; ek kan nie wag nie. Alles is reg, die kamer lyk baie mooi en nou wag ons net vir die bulle¬tjie,” het hy vertel. So tussen die pajamadril deur gaan hy nog 16 verto¬nings in Desember hou, onder meer drie in Mosambiek. Hy werk ook aan ’n nuwe album wat in Maart uitgereik word

Arno se vriend, sanger Steve Hofmeyr het ook reeds vir hom sterkte toegewens vir vandag. “ Welkom Milan. Ons wag al lank vir jou. Sterkte @lizaniepohl @Arnojordaan,” het hy getwiet.

Ronel Brink, Bobby se ma en bestuurder het ook reeds vir die nuwe ouerpaar getwiet: “Vandag word Milan gebore! @lizaniepohl @Arnojordaan. Vandag is die begin v 'n totaal nuwe seisoen in jul lewe! My gebed vir Milan: Jer 29:11.” Hierop het Arno geantwoord dat Bobby se twee seuns ’n maatjie by kry. “@ronelbrink @lizaniepohl sion en leben se ander bende lid word vandag gebore,” het Arno terug getwiet.