Hannah Simpson (19) het die melkkoei Lilac sedert 2010 geleer – en nou kan hulle saam perde-mededingers lag-lag die stryd aansê met Lilac wat oor stewige heinings van hoër as ’n meter spring.

Hannah wou nog altyd leer perdry en toe sy baie jonk was, het sy en haar broer probeer om op die skape op hul gesin se plaas in Invercargill, Nieu-Seeland, te ry. Op 12 het sy ’n hegte band gevorm met een van die gesin se dosyne koeie, Lilac, en besluit om op te spring.

Hannah Simpson (19) het die melkkoei Lilac sedert 2010 geleer. Foto: Magazine Features

Wonderbaarlik genoeg het Lilac dit geniet om soos ’n ponie gery te word – en sewe jaar later is die twee onafskeidbaar. 

Hannah, wat nou werk as melkboer, sê: “Ek was nog altyd mal oor avontuur en om nuwe dinge te beproef. Ek wou altyd perdry, maar het nie ’n perd gehad nie. Ek en my broers het altyd op ons skape en jong bulletjies gery, maar dit was moeilik om so lank moontlik op hulle te bly.

“Ek het Lilac vroeg in 2010 begin ry toe sy ses maande oud was en ek pas 12 geword het. Sy is in Oktober 2009 op ons plaas gebore en ek was altyd lief vir haar. Ek het soveel tyd daaraan bestee om haar rond te lei dat dit heel maklik was om op te klim en te ry."

“Ek het verwag dat sy sou vassteek, maar sy’t net aanhou beweeg en toe gaan staan, en van toe af het ek amper elke dag op haar gery. Ek het eers in 2012 toe ek 12 was perdgery.

Die hoogste wat ek haar laat spring het, was sowat ’n meter. Dit was oor die grootste boomstomp wat ons kon vind. Dit was ons gunsteling. Maar sy kan oor hoër heinings as dit spring.

Hannah wou nog altyd ’n perd ry. Foto: Magazine Features

“Ek het nog een van ons koeie, Honey, ook geleer om gery te word en het altyd minstens een keer per dag op Lilac of Honey gery. My kleinboet het meestal op die ander een gery en ons het dan oor stompe gespring en op lang uitstappies langs die rivier gegaan.

“Ons gesin moes wegtrek van die plaas en al ons vee verkoop – Lilac is al een wat ons gehou het omdat ek dit nie oor my hart kon kry om haar te groet nie. Sy is die meeste van die tyd heel rustig, maar sy kan hardkoppig wees – as sy iets nie wil doen nie, gaan dit nie gebeur nie. Sy is immers ’n koei en nie opgelei soos ’n perd nie. Sy hou daarvan om saam met my uit te hang en nuwe plekke te verken.”