Om hul skape teen wolwe te beskerm het Sweedse boere die hulp van ongewone diere ingespan: llamas.

Die boere het begin bekommerd raak toe heelwat van hul kudde onlangs weens wolwe wegraak; daarom het boere begin gebruik maak van llamas, wat oorspronklik uit Suid-Amerika kom.

“Daar is ál meer wolwe wat na die suide van Swede kom en dan jag maak op boere se skape,” sê Nils Carlsson, ’n plaaslike kenner van roofdierbestuur.

“Daarom het ons na llamas begin kyk.”

“Mense moet weet dis net ’n proeflopie. Ons sê nie dat dit die skaapbevolking gaan red of die verliese gaan verminder nie, maar dit kan dalk help. Ons wil dit graag op die proef stel.”

Llamas is reeds in die VSA ingespan om aanvalle deur prêriewolwe te bekamp.

- Bang Showbiz