In gisteraand se episode van Boer soek ’n Vrou het die top 5 boere en hulle dames (selfs al het nie almal liefde gevind nie) lekker vakansie gehou.

Ons het met die vyf hubare vrygeselle gesels om uit te vind hoekom hulle vir die reeks ingeskryf het en hoe die proses verloop het.

PJ: “Baie mense is skepties oor die proses, maar ek glo dat wanneer ’n mens eers deur die briewe gelees het en besef het hoeveel ongelooflike meisies met diepte, intelligensie en opregtheid bereid is om deel van die proses te wees. Ek het nooit gedink ek sou inskryf vir die program nie, maar die kans is goed dat jy jou trouvrou kan ontmoet!”

Ignus: “Aanvanklik was dit vreeslik senutergend, maar so met die verloop van tyd het dit al makliker en lekkerder geraak om voor die kameras te wees. Ek het myself verbaas en kyk nou waar sit ek. Ek is dankbaar dat ek ingeskryf het.”

Christiaan: “Ek volg die program al jare, maar was baie huiwerig om in te skryf. Dis ’n groot besluit. Ek het gehoop om liefde te vind.”

Derius: “Ek het nie gedink ek sou ooit inskryf nie. Maar enigiets is moontlik as jy bereid is om dit ’n regverdige kans te gee en solank jy net eerlik is met jouself is.”

Niel: “Ek was aan die begin baie verbaas oor al die briewe wat ek gekry het, maar net die tyd sal leer of ’n mens ware liefde vind.”

• Joshua Carstens