Gedink ’n onskuldige blikkie gaskoeldrank elke nou en dan kan nie té veel skade aanrig nie? Dink weer! Die Nieu-Seelandse fotograaf Henry Hargreaves het blikkies gaskoeldrank soos Mountain Dew, Snapple, Powerade en Coke geneem en gekook tot net die suiker in die drankies oorbly, waarna hy reuse stokkieslekkers van die suiker gemaak het.

Op die onderstaande foto kan byvoorbeeld gesien word hoeveel groter is ’n stokkielekker wat van die suiker in ’n blikkie Coke gemaak word as ’n gewone stokkielekker.

Ons almal lees agterop die blikkies hoeveel gram suiker in gaskoeldranke is, maar ’n mens besef nie altyd hoeveel suiker dit werklik is nie, het die fotograaf verduidelik oor waarom hy sy projek aangepak het.

Kyk hier die video van hoe hy te werk gegaan het:

Bronne: YouTube, Instagram, Huffington Post