Meer as 12 000 mense het reeds die app Abasteceme al afgelaai. Die naam van die app beteken “voorsien my van” in Afrikaans. Op die app kan mense hul landgenote laat weet watter supermarkte toiletrolle in voorraad het.

Die skepper daarvan, Jose Augusto Montiel, het gesê: “Baie goed is skaars, maar mense bekommer hulle die meeste daaroor om toiletpapier te kry. Mense het nooit besef hoe nodig hulle dit het tot dit begin opraak het nie.”

Ekonome blameer prysebeheermaatreëls wat onlangs ingestel is.