Sy het by familie in Chongqing in suidwes-China gekuier. Hulle het haar Vrydagaand na ’n plaaslike pretpark geneem. Die park het ’n reisende sirkus gehuur om klante te vermaak.

Die tier kon haar skraal lyfie deur die tralies van sy tydelike omheining trek en het haar voor geskokte gaste verskeur.

Die tier se opleiers het die meisietjie probeer red, maar dit was te laat – toe hulle haar van die tier wegkry, was sy reeds sterwend. Sy is later by ’n nabygeleë hospitaal met haar aankoms dood verklaar.

“Daar het nog nooit iets so aakligs gebeur nie en ons ag die veiligheid van ons besoekers baie hoog,” het ’n woordvoerder van die Leheledu-pretpark, Manchu Hung, gesê.

“Ons sal alle nodige vergoeding aan die familie betaal en seker maak so iets gebeur nooit weer nie.”

Bronne: dailymail.co.uk, ibtimes.co.uk, japantimes.co.jp