Dis nou ’n funksionele advertensie! Die sonbrandroom-maatskappy Nivea Sun Kids het hul advertensie in ’n Brasiliaanse tydskrif omskep in iets wat ma’s kan gebruik. Dié advertensie het ’n uithaal-armband wat ma’s tydens ’n strand-uitstappie om ’n kleinding se arm kan vasmaak. Die armband werk dan as ’n opsporingsmeganisme sodat mammas ook kan ontspan.

Die armband werk saam met ’n mobiele app, waarop jy kan stel hoe ver jou kind kan wegbeweeg. Sodra die kind (met die armband!) verder as jou gekose afstand wegbeweeg, sal ’n kennisgewing op jou selfoon jou daarvan laat weet, en die app sal jou jou kind help opspoor. Funksioneel en vindingryk.

- Suzaan Hauman

Bronne: springwise.com, youtube.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.