’n Paartjie was geskok toe hulle tydens ’n doktersbesoek op die 24-weke-sonarfoto sien hul bondeltjie liefde lyk soos ’n kar. Die opgewonde pa het onder die gebruikersnaam Brewhaus3223 ’n foto op Reddit gelaai met die titel: “My vrou verwag ’n kar.”

Die naamlose man het aan Someecards gesê hy en sy vrou het in vitro-bevrugting en surrogaatskap oorweeg nadat hulle twee jaar lank gesukkel het om ’n baba te hê.

babycar1

Eindelik het ’n surrogaat die lewe geskenk aan hul eerste kind, ’n dogter. Maar toe hul dogter ses maande oud was, het die vrou natuurlik swanger geraak. Of, soos die pa spottenderwys op Reddit gesê het: so natuurlik soos ’n mens kan swanger raak as jy ’n kar verwag.

Intussen het 400 mense kommentaar gelewer op die bisarre sonarfoto, wat hulle tegelykertyd verwar en amuseer. En natuurlik is kargrappies volop. Een van die gebruikers het gespot dis ’n Ford Foetus, terwyl ’n ander die situasie The Fast and the Foetus gedoop het.

Eindelik het FluX bygevoeg dis tyd om briek aan te draai met die gespot. Gelukkig het Brewhaus3223 erken hy hou van woordgrappies. Hy het onthul hul “karbaba” is ’n seun en dat hulle hoop hy is eendag ’n pragtige Ford Saloon.

Bronne: MailOnline, Metro, Someecards.com, Reddit