Suid-Afrikaners kan in 2013 uitsien na ‘n splinternuwe klug wanneer Ray Cooney se Funny Money, meesterlik in Afrikaans vertaal deur Peet van Rensburg as My Vrou se Man se Lyk se Tas en onder die regie van Frans Swart, teaters en feeste regoor Suid-Afrika besoek.

Hierdie is natuurlik een van Cooney se baie suksesvolle klugte op Londen se Westend en word vir die heel eerste keer in Suid-Afrika aangebied.

Chris van Niekerk vertolk die hoofrol, Henry Perkins, ‘n tipiese voorstedelike rekenmeester.  Behalwe dat dit sy verjaarsdag is, is Henry soos gewoonlik met die middagtrein oppad huistoe, waar hy en sy vrou Jean (Lulu Botha) ‘n gesellige verjaarsdagete saam hulle beste vriende, Vic en Betty Johsnon (Chris van Rensburg en Amalia Uys) beplan.

Henry ruil per ongeluk sy briewetas met die van ‘n ander persoon op die trein om, net om later uit te vind dat die tas ‘n klein fortuin bevat!

Hy vertel sy niksvermoedende vrou van hul nuutgevonde fortuin, maar sy hanteer dit nie so goed soos Henry gedink het nie!  Gou sluit die Johnsons by hulle aan, tesame met ‘n polisieman wat agter die deur staan (Paul Lückhoff as Speursersant Davenport), nog ‘n polisieman op die uitkyk (Botha Enslin as Speursersant Slater), ‘n taxibestuurder genaamd Bill (Duncan Johnson) en die gevreesde misdaadbaas (Phillru van Achterbergh) wat gekom het om sy fortuin terug te eis…

Datums

  • Arena, Staatsteater, Pretoria | 14 tot 19 Mei 2013
  • Sand du Plessis-teater, Bloemfontein | 28 Mei 2013 tot 1 Junie 2013
  • Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees, Nelspruit | 26 tot 29 Junie 2013
  • Roodepoort Promusica-teater, Roodepoort | 1 tot 7 Julie 2013
  • KunsteKaap-teater, Kaapstad | 10 tot 21 Julie 2013
  • Marcellus-teater, Emperors Palace, Kemptonpark | 14 tot 29 Oktober 2013
  • Universiteit van Johannesburg-teater, Johannesburg | 12 tot 24 November 2013
  • ATKV Walvissaal, Hartenbos | 18 tot 20 Desember

BESPREKINGS BY COMPUTICKET.