Carlos Morales (29), van Phoenix in die Amerikaanse deelstaat Arizona, is verpletter nadat sy vrou, Erica, op 16 Januarie weens bloedverlies dood is terwyl sy twee maande te vroeg aan hul vierling die lewe geskenk het.
'Ek het eers die beste dag van my lewe beleef en toe die slegste dag van my lewe.'

“Ek het eers die beste dag van my lewe beleef en toe die slegste dag van my lewe,” het Carlos gesê.

“My vier babas het die eerste lewenslig aanskou en toe is my vrou dood.”

Erica het aan drie meisies en ’n seun die lewe geskenk, maar skielik aan hipovolemiese skok begin ly as gevolg van ernstige bloedverlies. Sy is ’n kort daarna oorlede.

Al weeg al vier babas maar tussen 900 g en 1,3 kg elk, is hulle gesond.

Carlos neem sedertdien klasse in babasorg by ’n plaaslike hospitaal.

Twee van die vierling, Carlos jr. en Tracey, is reeds by die huis; Paisley en Erica is nog in die hospitaal.

Bron: People, TIME, News.com.au