Pastoor Thom Miller (60) van die Amerikaanse deelsaat Ohio het onlangs met sy swanger minnares Reba (19) getrou. Maar hy is ook reeds die afgelope sewe jaar met Belinda (44) getroud. Dit lyk egter of die trio die pad vorentoe heel positief aanpak. Belinda ondersteun glo die twee se huwelik ten volle. "Thom is die liefde van my lewe. Reba is die seën in my lewe," sê sy.

"Ek het 'n man se Bybel in die gevangenis gesteel"

"Ek het in kontak gekom met mense wat hulle met verkeerde dinge besig gehou het," vertel die pastoor oor sy grootwordjare in Cleveland. Hy het 'n 'sterk arm' vir die Mafia geword, 7 jaar in die tronk deurgebring vir 'n mesaanval op 'n man. 'n Ellelange lys van ander oortredings kan ook agter sy naam geskryf word.

"Ek het 'n man se Bybel in die gevangenis gesteel. En dit gelees terwyl ek vir twee en 'n half jaar in eensame afsondering toegesluit was," vertel hy.

Met sy vrylating het hy vir Belinda ontmoet, wat reeds sewe kinders uit 'n vorige huwelik gehad het. Volgens Thom was dit juis Belinda se idee om 'n 'suster-vrou' deel van hul huwelik te maak.

Slaaptyd in die huis geskied volgens 'n skedule en dit kom voor asof daar geen plek vir jaloesie of drie persone in dieselfde bed is nie.

Bronne: YouTube, mirror.co.uk