ONS ken haar op TV as ’n glansryke aktrise, maar as kind was Illse Roos ’n opperste rabbedoe. En op die familieplaas naby Stellenbosch loop sy nog die graagste skoon gesig en kaalvoet in haar jeans rond.

Haar ongekunstelde skoonheid is sowaar treffend – dis jou eerste gedagte wanneer jy haar sien. En dan: Sy lyk ente meer ontspanne as Isabelle Moolman, haar karakter in 7de Laan.

Hier tussen reuse bome en rye en rye wingerde kom Illse (45) gereeld haar batterye herlaai by pa Nicolaas en ma Mercia Roos en by ouboet Tielman, wingerdboukundige op Mooiplaas waar boet Louis sy lyf wynmaker hou.

Sy kry haar naam met sy twee l’e van ouma Weilie de Bruin se beste vriendin, vertel die donkerkop terwyl haar gesig vir ons fotosessie ingekleur word. Hier op die plaas sukkel sy nie gewoonlik met poeierkwassies en lipstiffie nie.

“Ek los dit maar vir TV,’’ sê sy.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 17 Maart 2011