[caption id="attachment_121341" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Wikimedia Foto ter illustrasie: Wikimedia[/caption]

Sy ma het aan News24 gesê hy is nog vreesbevange.

“Hy wil nie alleen gelaat word nie; as hy op sy eie is, dink hy die bobbejaan gaan terugkeer,” sê sy.

Seluleko Xaba (6) was by sy gesin se kraal op die plaas Progress toe die dier hom aanval. Die bobbejaan het vleis uit sy rug en boude geruk en ook sy 10-jarige neef aangeval.

David Aadnesgaard, die boer, het hom na die huis gehaas en die dier later geskiet.

Lees ook: Sylvester, die leeu van Beaufort-Wes, loop weer weg!

Die twee seuns is na ’n plaaslike kliniek gehaas, waarna Seluleko weens die ernstige graad van sy beserings na die Edendale-hospitaal in Pietermaritzburg oorgeplaas is.

“My seun huil heeltyd; hy is nog bang,” sê sy ma.

“Ek was by die werk en my seun het by sy grootouers gebly toe ek ’n oproep ontvang dat die bobbejaan hom gebyt het. Ek was bang want ek het gedink hy gaan sterf. My kind is nie oukei nie.”

Die kantoor van die KwaZulu-Natalse premier het die boer gister daarvan beskuldig dat hy die menseregte skend van die werkers wat op sy eiendom woon.

Lees ook: Kyk: Blinde terapiehond Smiley doen sy naam gestand

“Ons het ná die voorval gehoor van die ongekende lyding van die gesinne wat op plase in Richmond woon. Gesinne het gekla dat hulle al jare lank volgehoue aanvalle van ’n trop bobbejane, wat aan die plaaseienaar behoort, moet afweer,” het hulle in ’n verklaring gesê.

“Die gesinne se gewasse word al jare lank deur hierdie bobbejane vernietig wat hulle aan voedselonsekerheid en volslae armoede blootstel. Ongelukkig is herhaalde pleidooie aan die plaaseienaar geïgnoreer. Dit is ’n duidelike aanduiding dat die bobbejane se welstand eerste gestel word.”

David het voorheen die aantygings van die premierskantoor ontken en volgehou dis ’n enkele voorval. Hy kon Dinsdag nie bereik word om kommentaar te lewer nie.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com:

Jy sal nie glo saam met watter superster Juan de Jongh in Brasilië ’n selfie geneem het nie!

Verveeld en sonder Wi-Fi? Probeer dié versteekte Chrome-speletjie

Kwêla se Hannes van Wyk: ‘Ek doen baie huiswerk’

Kyk: Ons het ’n nuwe gunsteling-lekkerbek op Instagram!