Soet en skoongesig sit hy hier op die groot stoep. Hare in ’n kantpaadjie gekam, kraag netjies omgeslaan. Botter (of eisj) kan in sy mond nie smelt nie.

Maar die Binneland-akteur Neels van Jaarsveld, ook bekend vir die “met eisj”- Klipdrift-advertensies, se stoutseunreputasie wil hom maar net nie laat staan nie.

Net toe dit lyk of sy skandes en skades gaan lê, klap die tonge weer ná die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se pas afgelope Kanna-prysgeleentheid op 5 Mei, waar die top-feeskunstenaars bekroon is.

Die Kannas was ’n formele middaggeleentheid by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad. Neels was moedeloos dronk.

Lees sy openhartige en moedige onderhoud met Marida Fitzpatrick in Huisgenoot, 23 Mei 2013.