'n Jaar en ’n half nadat hulle verloof geraak het, is Steve Hofmeyr (48) en Janine van der Vyver (34) meer verlief as ooit!

’n Mens hoef hulle net op sosiale media te volg om te sien hoe die liefde blom. Op hul Facebook-blaaie en Twitter-strome kan die twee nie uitgepraat raak oor mekaar nie, en dis oop sodat almal dit kan sien.

Terwyl Janine kliphard aan hul troue beplan, droom sy ook van ’n pienkvoet . . .

“Het gister die mooiste, kleinste babaseuntjie gesien (net 12 dae oud),” het sy op 20 Maart vanjaar op haar Facebook-blad geskryf. “En ek moet erken, ek’s offisieel erg broeis!! Terwyl ek langs hom gesit en na hom gestaar het, het ek gewonder hoe ons klein lyfie eendag gaan lyk . . . Die tyd moet nou vinnig verby gaan : ))”

Huisgenoot, 27 Junie 2013