“Ek het gesê hulle is net moeg,” sê Stephanie. “Sulke goed gebeur nie.”

Maar hulle was reg. Klein Deucy het vier oë, twee neuse en twee bekkies, maar net een lyfie. Stephanie, wat in Oregon in Amerika woon, het die kat na die plaaslike veearts geneem. Dié sê niks skort met Deucy se gesondheid nie.

Sulke katte, wat dikwels Janus-katte genoem word, leef nie baie lank nie, maar Stephanie en haar gesin is optimisties dat hul spesiale troeteldier nog lank by hulle sal wees.

Die rekord vir die langste oorlewende Janus-kat is Frankenlouie, wat 12 jaar oud geword het.

- Kirsten Buick

Bronne: huffingtonpost.com, guardian.co.uk

VIDEO