As jy dalk Maandag al weer laat is by die werk, probeer hierdie verskoning: Jammer baas, my hond het my wekker stilgemaak . . .

’n YouTube-gebruiker kon nie verstaan waarom hy aanmekaar deur sy wekker se gelui slaap nie; tot hy ’n video van homself geneem het terwyl hy slaap, en besef het sy hond het die sluimerknoppie op sy wekker leer druk.

Ryan Cramer sê sy hond, Kermit, het klaarblyklik leer seker maak sy baas kry genoeg skoonheidslaap in. Ryan is aan die verhuis en het reeds sy bedkassie ingepak; daarom dat die wekker op die vloer langs sy bed staan waar Kermit dit kan bykom.

Kyk die video op YouTube.

Bron: YouTube