Arno Immelman (19), die Kapenaar wat vir weke in ‘n tronksel in Laos opgesluit was, vertel van sy nagmerrie ervaring in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Vandag is Arno by sy ma, Anne-Marie Immelman in haar meenthuis in die Paarl. Hy is veilig, maar steeds getraumatiseer. Hierdie maand gaan nog jare by hom spook.

“Ek het later gedink ek gaan nooit daar uitkom nie,” sê hy oor die skrikwekkende vier weke terwyl hy onregmatig opgesluit is.

Arno vertel oor die gru-gebeure in die tronksel en verduidelik hoe hierdie nagmerrie begin het.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Kyk die video hier: