Dis die ysingwekkende boodskap wat ‘n man op Facebook gedeel het nádat hy sy familie vermoor het.

 
Die Kanadese owerhede ondersoek 'n saak van moontlike moord-selfdood nadat 'n pa in 'n ysingwekkende boodskap op Facebook beken het dat hy sy vrou, sy dogter en sy suster doodgemaak.
Hy verduidelik voorts dat hy sy vrou doodgemaak het omdat “'n moeder nooit die tyding van haar baba se dood behoort te kry nie.”

Randy Janzen van Brits-Columbië het oënskynlik eerste sy 19-jarige dogter, Emily, vermoor omdat sy verskriklike migraine-aanvalle gekry het wat haar “ontsaglik depressief” gemaak het.

“Ek het van die ergste dinge gedoen wat enige mens moontlik aan kan dink. Die eerste een het te doen met my dierbare, goeie, liefdevolle dogter Emily, ” het Randy erken.

Hy verduidelik voorts dat hy sy vrou doodgemaak het omdat “'n moeder nooit die tyding van haar baba se dood behoort te kry nie.”

Daarna het Randy blykbaar sy suster doodgemaak sodat sy nie onder die skande van sy dade moet ly nie.

“'n Paar dae later het ek toe my suster Shelley doodgemaak want ek wou nie hê dat sy met die skande waaraan ek alleen aandadig is, moes saamleef nie.

“Nou is my familie in die hemel, verlos van pyn. ”

Kort ná die moorde het die woning, met Janzen blykbaar steeds daarbinne, afgebrand. Sy dood word as selfdood beskou.

Die ondersoek duur voort.

Bronne: telegraph.co.uk, metro.co.uk, huffingtonpost.com