Dis nie moeilik nie: Iemand kan maklik jou profielfoto bêre en dan hul naam gebruik om ’n gedupliseerde profiel te skep. Vriende wat jy uitnooi, sal salig onbewus daarvan wees en net dink jy het probleme met jou profiel.

Wanneer die kuberkraker toegang tot jou vriende het, kan hulle voorgee hulle is jy en geld of persoonlike inligting vra.

“’n Facebook-vriend het my gebel om uit te vind hoekom ek vir haar ’n boodskap gestuur het waarin ek aanlyn geld vra. Dis toe dat ek besef my profiel is gedupliseer,” het Dinesh Ramrathan aan The Times  vertel.

“My vriendin is onkant gevang en het versoeke van die kuberkraker aanvaar wat toe vir haar geld begin vra het.”

Doen dit as jou profiel gekloon is:

  1. Gaan na die gekloonde profiel se tydlyn
  2. Klik op Verstellings aan die onderste regterkant van die foto (die een wat lyk na ’n klein wieletjie).
  3. Kies dan “Submit A Report.”
  4. Kies die opsie “This person is impersonating someone”. Jy kan ook iemand verkla wat voorgee om een van jou vriende te wees deur te opsie “Someone I Know” ná stap 4 te kies en dan die naam van jou vriend in te tik.
  5. Volg die aanwysings op die skerm om die verslag te voltooi.
  6. Vertel dan op Facebook vir vriende wat gebeur het en vra hulle om nie vir “jou” enige persoonlike besonderhede of geld te gee nie.

Moenie bekommerd wees nie, jou verslag sal anoniem ingedien word – die kuberkraker sal nie weet jy is bewus van wat hulle doen nie! Jy kan die status van jou verslag nagaan vanaf jou rekeningverstellings (aan die regterkant van die boonste nutsbalk net onder Verstellings). Vandaar kan jy kliek op “Support Dashboard” om te kyk hoe dit vorder.

- Deur Kirstin Buick