wifi-390x285

Die internetdiensverskaffer MWeb gaan tot einde Februarie gratis internettoegang aan alle Suid-Afrikaners bied.

MWeb het hulle nuwe mededingende internetpryse aangekondig en stel die naweek hul produk in die Canal Walk-winkelsentrum in Kaapstad bekend. Hulle beoog om teen Maart 150 internettoegangsplekke landwyd te hê.

Hierdie gratis diens sal die volgende paar maande nie net aan MWeb-gebruikers beskikbaar wees nie, maar alle Suid-Afrikaners. Vanaf Maart sal nie-MWeb-internetgebruikers dan die geleentheid kry om aan te sluit, maar die internetdiensverskaffer maak die pryse eers later bekend.

Tydens die bekendstelling sal WeChat, ’n kitsboodskapdiens, ’n integrerende deel vorm van die bemarking van MWeb se Wi-Fi-diens. Media24 se nuwe inhoudsamevoegingsdiens, MyEdit, sal ook tydens die geleentheid bemark word.

MWeb se doel is om teen Maart 2016 tussen 500 en 600 van hierdie internettoegangsplekke oral in Suid-Afrika te hê.