ie sanger en kunstenaar Huyser Burger het Maandagoggend omstreeks 01:45 gesterf nadat hy verlede maand in die hospitaal opgeneem is.

Akute nier- en lewerversaking is by Burger gediagnoseer is nadat hy ineengestort het.

Burger is een van die oorspronklike Battery9-lede wat in die jare negentig opslae gemaak het met alternatiewe Afrikaanse musiek.

Hy was kort voor sy dood aan ’n respirator- en dialise-masjien gekoppel.

Op Burger se Facebook-muur het boodskappe van vriende en familie ingestroom.

“Now you are free. Gaan jou mis,” het Lynn Viljoen Pahl geskryf.

Volg Huisgenoot op Twitter.