Die liedjie verskyn op sy album Sit Vanaand op Herhaal.

“Die samewerking met Adam het spontaan gebeur,” vertel Vaughan, ’n sanger en liedjieskrywer. “Dit het sin gemaak om saam met ’n groep te werk wat so ’n unieke klank aan die Afrikaanse musiekbedryf bekend gestel het.”

Adam het self geen bekendstelling nodig nie. Die groeplede, Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant, het met liedjies soos Goud en Sal Oorlog Vir Jou Maak al diep in Suid-Afrikaners se harte ingekruip.

“Van die eerste oomblik dat Vaughan vir ons die liedjie gespeel het, wou ons deel wees daarvan,” sê Hugo. “Dis ’n fantastiese popliedjie en dit was net ’n plesier om saam met iemand so talentvol soos Vaughan te werk.”

Vaughan is nie net ’n sanger en liedjieskrywer nie, maar was ook tot onlangs ’n student. Hy het pas sy nagraadse studie in intellektuele goederereg aan die Universiteit Stellenbosch voltooi.

Kyk eksklusief hier na die nuwe musiekvideo: