Die eksentrieke musieklegende David Bowie het Sondag in die ouderdom van 69 na 'n lang kankerstryd gesterf.

Die sanger van sulke treffers soos Sorrow, Heroes en Space Oddity se 25ste studioalbum, Blackstar, word vandeesweek uitgereik. 'n Nuwe musiekspel waarvoor hy die musiek geskryf het, Lazerus, het Desember begin en is 'n wegholsukses.

David is 18 maande gelede met kanker gediagnoseer. Die laaste keer wat hy in die publieke oog verskyn het, het etlike Britse publikasies opgemerk dat sy gesondheid versleg het.

David het deurgaans geen besonderhede oor sy diagnose bekend gemaak nie.

Dié rocker is in 1996 ingesluit by die Rock and Roll Hall of Fame en het in 2006 'n Grammy-prys vir sy lewensbydrae tot die musiekwêreld ontvang. David word oorleef deur sy vrou, Iman, en hul dogter, Lexi. Hy het ook nog 'n seun, Duncan.

Bronne: Huffingtonpost; Hollywoodreporter; Wikipedia

Lees ook:

Randall Wicomb sterf ná kankerstryd

Onthou Chris Barnard saam met Dana Snyman