asjysing

Die musiekblyspel, wat beskryf word as die grootste Afrikaanse (musiekblyspel) nog, word tussen 10 Julie en 3 Augustus vanjaar by die Staatsteater in Pretoria opgevoer. Willem Botha, Sarah Theron, Lee Scott en die Spaumer-tweeling, Marco en Marcel, is van die bekendes in die rolverdeling.

Volgens ’n mediaverklaring fokus die storielyn op ’n atletiese tiener, Stefan (Willem Botha), wat verlief raak op Jana (Kristen Raath). Hul liefdesbootjie wankel weens Jana se pa (Neels Clasen) en ’n onverwagse siekte wat lewensgevaarlik kan wees. Tussendeur al die liefde en drama word Bles se liedjies ingeweef.

Kyk hier na die musiekblyspel se amptelike musiekvideo vir Ek Reik Na Die Sterre:

- Christiaan Boonzaier