En die gewilde sangeres Nádine maak ook haar buiging as die nuwe speletjiesprogram se aanbieder.

“Dit is ’n baie opwindende spel en deelnemers moet meer as net musiekkennis hê. Geluk speel ook ’n rol,” verklap Nádine.

Sy erken die senuwees het maar geknaag. “Dis ’n groot eer en so ’n halfuur voor elke opname het my maag saamgetrek.”

  • Musiek Roulette word vanaand halfagt uitgesaai.

- Joshua Carstens