Die munisipale verkiesing is om die draai en dis dié naweek tyd om te registreer sodat jy jou kruisie kan trek.

Mag ek stem?

Jy mag van 16-jarige ouderdom af registreer, maar eers op 18 stem. Jy moet ’n ID hê om te mag stem en ’n Suid-Afrikaanse burger wees.

Ek is onseker of ek geregistreer is.

As jy reeds in die verlede geregistreer het om te stem, maar onseker is of dit nog geldig is, kan jy hier klik en jou ID-nommer intik. Die skerm sal jou inlig of jy geregistreer is en waar jy mag gaan stem.

Jy kan ook die amptelike verkiesings-app aflaai deur op jou selfoon se appwinkel te soek vir “IEC South Africa” of ’n SMS met jou ID-nommer stuur aan 32810. Dit kos R1,00 per SMS.

In watter gevalle moet ek herregistreer?

As jy getrek het, moet jy herregistreer omdat ’n mens moet stem in die area waar jy woon.

Waar is my naaste stembus of registrasiepunt?

Klik hier om te kyk waar jou naaste stem- of registrasielokaal is. Jy tik eenvoudig jou adres in.

Wat moet ek saamneem om te mag registreer?

Jou ID, ID-kaart of ’n geldige tydelike ID. Jou rybewys of ’n gesertifiseerde afskrif van ’n amptelike dokument geld ongelukkig nie.

Gaan loer hier vir nog inligting.

Bron: OVK.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Is Katy Perry eintlik die vermoorde sesjarige skoonheidskoningin JonBenét Ramsey?

Is Katy Perry eintlik die vermoorde sesjarige skoonheidskoningin JonBenét Ramsey?

Ontmoet Gizmo en Nonnie, die twee Yorkies wat onlangs trou aan mekaar beloof het

Oscar Pistorius se aansoek tot appèl deur grondwethof geweier

‘Al sterf sy, weet ek haar droom is bewaarheid,’ vertel ma ná Adele haar siek dogter ontmoet